Saturday, December 15, 2007

Butterfly World


Ons het saam met Ouma Joe "Butterfly World" toe gegaan en was dit asemrowend gewees om tussen al die skoenlappers te stap. Ons het selfs papies gesien uitkom terwyl ons daar was en was dit baie interessant gewees.

Pikkewouters



Nog nooit in die hele wye wereld was daar mooier Pikkewouters as die twee nie!! Stry?

Saturday, October 20, 2007

Jahzara se inseen - 14 Oktober




Jahzara was die 14e Oktober ingeseen en was dit net weereens 'n voorreg om te weet dat hierdie kindertjies spesiaal vir ons gegee is. Dan het mens net weer opnuut besef watter voorreg dit is - en ook dat ons hulle maar net volgens die Wil van die Here kan / moet grootmaak en watter heerlike verantwoordelikheid is dit nie!! (Vloermoere en al!) Jahzara is alreeds so 'n seen in ons lewens en kan ek my nie indink hoe half-klaar ons gesin sonder haar sou wees nie!

Monday, October 15, 2007

Slagting in die kombuis!!



Nicola het 'n Rooihartbees geskiet en het ek gister - op die heilige Sondag!, vleis gewerk. Jaundre het my fliks "gehelp" maar meer met die vleis gespeel as iets anders!

Monday, October 8, 2007

Familie foto's











Ons het laasweek weer fotos by Simone laat neem, en sowaar 'n paar gekry waar Talia glimlag!!

Wednesday, October 3, 2007

Slaap sag kleine kindjie...




Ek was druk besig om groceries uit te pak en Jahzara het gekerm vir bietjie liefde en aandag. Ek't skielik agtergekom dat sy stil geraak het, en toe ek opkyk, het Klein Oumatjie (soos Jaundre haar noem) haar opgetel en met haar gesels, op die knie geskommel en aan die slaap gesus! Dit was vir my die mooiste prentjie gewees waar Ouma so met haar gesels en kon ek nie die versoeking weerstaan om haar ongemerk af te neem nie!

Sunday, September 30, 2007

Blommemeisie




Talia was gister 'n blommemeisie op my vriendin, Hannetjie, se troue! Ouma Joe het die rokkies gemaak en het sy tog te pragtig gelyk. Dit was natuurlik 'n gedoente om die blommetjies en kransie op hul plek te kry en hou. Sy't net na die stappery in die paadjie af, op Oupa Nickey se skoot aan die slaap geraak! Maar sy het soos 'n ware prinsessie gelyk!

Sunday, September 23, 2007

Kaap-trippie




Driekie het vir my en die kinders Woensdag kom haal en het ons eers Kampsbaai toe gegaan en later die middag na Toys r Us (wat natuurlik die verkeerdste ding was om te doen, want toe wou hulle als he wat hulle oe sien! Maar ons het dit ook oorleef...)

Hulle het die tydjie op die strand vreeslik geniet en te lekker in die sand gespeel - Talia was redelik skrikkerig vir die see en Jaundre wou ook nie juis nat word nie, maar hulle was baie uitgelate en mekaar heerlik rondgejaag. Jahzara het die heeltyd in die stootkarretjie gele en slaap - en al die pret gemis. Dit was redelik mistig vroeer die oggend, maar dit het gou opgeklaar en was dit die res van die dag lekker warm gewees.

Dit was 'n baie uitputtende week - met volop vloermoere en dreigemente - maar ons het darem 'n huur-huis gekry en hoop om 'n erf op die golf-landgoed ook te kan koop en later huis bou.

Wednesday, September 12, 2007

Drukkies en soentjies


Talia en Jaundre kan nie genoeg kry van hulle nuwe sussie nie en wil haar die heeltyd net vashou en soen en druk!

Eerste glimlag!!




En siedaar!! Jahzara se eerste oop-bek glimlaggie - lyk sy nie te skatlik nie! Sy is ook baie lief daarvoor om haar mondjie op 'n pruil te trek - reg vir 'n soentjie!

Monday, September 10, 2007

Boesman op die plaas!




Jaundre raak nou vinnig groot! Hy het Donderdag saam met sy Oom Nicola na Ouma Joe en Oupa Nickey toe gery en vanoggend eers terug gekom. Hy het dit so geniet dat hy nie eens met ons oor die telefoon wou gesels nie en het omtrent lekker gekuier - seker oor al die bederf! Hy het saam met Ouma Joe op die "quad bike" gery - bid jou aan! - en op die trekker natuurlik ook. Hy't sy ouma ook fluks gehelp wortels uittrek - of het sy hom gehelp?! En die ganse en voels gevoer. Hy kan nie uitgepraat raak oor al die koedoes wat hul gesien het nie en alles wat hy gedoen het.

Monday, September 3, 2007

Hallo Pappa!




Jahzara bekyk haar pa asof sy hom vir die eerste keer sien! En Jaundre kan weer nie genoeg kry nie en wil haar net heeltyd vashou en optel. Kan alreeds sien dat sy begin groter word en gewig optel: vetrolletjies begin so stadigaan wys en van haar newborn klere sit al stywer LOL!!

Tuesday, August 28, 2007

Jaundre en Talia

Jaundre luister aandagtig na Ouma Alta wat die "Drie Rammetjies Rof" voorlees - om die waarheid te se, die 1e dag het Ouma dit omtrent 10x oor en oor en oor gelees - en steeds kon hy nie genoeg kry nie!! Toe gaan koop ons maar nog storieboekies, sodat ons bietjie afwisseling kan he LOL!!




Hier is Talia heerlik besig om in die modder te speel (2 dae voor Jahzara se geboorte!) en op die ander foto is sy baie gemoeid met die nuweling en probeer vir haar die fopspeen gee.

Monday, August 27, 2007

Jahzara Simone

Jahzara beteken "blessed princess / princess from heaven en Simone beteken "to be heard".

Jahzara is op 14 Augustus 2007 gebore om 22:44 en het 2,74kg geweeg en was 49cm lank. Tot dusver gaan dit baie goed en haar ouboet, Jaundre, is baie broeis oor haar en wil haar net heeltyd optel, ronddra en "tietie" gee! Talia is baie gesteld daarop dat sy nie mag huil nie en hardloop vir 'n vale kamer toe as sy hoor haar kleinsus huil en wil net op my skoot klim as Jahzara drink.

Die foto is vanoggend geneem.