Sunday, September 23, 2007

Kaap-trippie




Driekie het vir my en die kinders Woensdag kom haal en het ons eers Kampsbaai toe gegaan en later die middag na Toys r Us (wat natuurlik die verkeerdste ding was om te doen, want toe wou hulle als he wat hulle oe sien! Maar ons het dit ook oorleef...)

Hulle het die tydjie op die strand vreeslik geniet en te lekker in die sand gespeel - Talia was redelik skrikkerig vir die see en Jaundre wou ook nie juis nat word nie, maar hulle was baie uitgelate en mekaar heerlik rondgejaag. Jahzara het die heeltyd in die stootkarretjie gele en slaap - en al die pret gemis. Dit was redelik mistig vroeer die oggend, maar dit het gou opgeklaar en was dit die res van die dag lekker warm gewees.

Dit was 'n baie uitputtende week - met volop vloermoere en dreigemente - maar ons het darem 'n huur-huis gekry en hoop om 'n erf op die golf-landgoed ook te kan koop en later huis bou.

2 comments: