Tuesday, March 24, 2009
Desember 2008
Dis al weer amper tyd vd volgende Des vakansie en hier sit ek nou eers foto's op! Ons het heerlike pret gehad op Mosselbaai / Hartenbosch saam met die Bassons en Lubbes. Die Bassons het ook vir 'n paar dae by ons gekuier oor die Kerstyd en was dit net sports al die pad! Nicola het Januarie kom kuier en was ons weer vir 'n paar dae see toe.

Monday, July 14, 2008
Thursday, June 26, 2008
863 koffie koekies en 36 kolwyntjies

Ek't Saterdag gou koffiekoekies gebak (vir my en Dolla se Koekie-projek!) en toe sommer besluit om die resep te verdubbel - die uiteinde was 863 koekies (minus die wat Jaundre, Talia en John tussenin gepeusel het!)

Jaundre en Talia het my gehelp om die kolwyntjies te klits en het fluks gehelp om dit te versier - meeste daarvan het in die monde beland!
Wednesday, June 11, 2008
Jahzara kruip!
Friday, May 30, 2008
Haelstorm!


Genade, ek sit nog en werk met die sonnetjie wat lekker by die studeerkamer inskyn en die volgende oomblik is 'n haelstorm op ons! Ek moes omtrent hardloop vir 'n vale om die Touran in te trek. Die hael het letterlik onder 2 minute se tyd so op die kar geval en enkele minute later het dit nog nie begin smelt nie. Die eerste foto is bo-op die kar se dak en die volgende een is teen die voorruit. Die laaste foto is die kampeerstoel buite op die stoep.
Monday, May 19, 2008
Mandaryn-pret
Talia en Jahzara het by Tannie Dolla op Mandaryn gekuier toe ek vir 'n week in Namibie moes gaan opleiding gee. Alhoewel ek my dood verlang het, het hulle te heerlik gekuier - Talia het glads vir Dolla "Mamma" gese en vir Kallie "Oupa"!! En soos oudergewoonte het Talia met die katjies deur die venster gesels...
Subscribe to:
Posts (Atom)







