Ek was druk besig om groceries uit te pak en Jahzara het gekerm vir bietjie liefde en aandag. Ek't skielik agtergekom dat sy stil geraak het, en toe ek opkyk, het Klein Oumatjie (soos Jaundre haar noem) haar opgetel en met haar gesels, op die knie geskommel en aan die slaap gesus! Dit was vir my die mooiste prentjie gewees waar Ouma so met haar gesels en kon ek nie die versoeking weerstaan om haar ongemerk af te neem nie!
Hier is die blog waar jy die Loocks van Loockville kan ontmoet. Voel vry om kommentaar te los, solank jy net nie spoeg nie! Ek en John is op 7 Des 2000 in Windhoek getroud. Ons het mekaar in Shipdham, Engeland ontmoet toe ons albei op 'n "workers holiday" visum was. Ons het 3 kinders: Jaundre, Ariella Talia en Jahzara Simone. Ek is 'n grafiese kunstenaar wat my lyf ook fotograaf hou en tussendeur doen ek Biosculpture Gel naels. John is die SIM Manager van BP Southern Africa.
1 comment:
Sjoe, om te dink sy`t my ook so vasgehou.....
Post a Comment