Saturday, October 20, 2007

Jahzara se inseen - 14 Oktober




Jahzara was die 14e Oktober ingeseen en was dit net weereens 'n voorreg om te weet dat hierdie kindertjies spesiaal vir ons gegee is. Dan het mens net weer opnuut besef watter voorreg dit is - en ook dat ons hulle maar net volgens die Wil van die Here kan / moet grootmaak en watter heerlike verantwoordelikheid is dit nie!! (Vloermoere en al!) Jahzara is alreeds so 'n seen in ons lewens en kan ek my nie indink hoe half-klaar ons gesin sonder haar sou wees nie!

1 comment:

Dolla said...

Jip, so vergewe ons Vader ons maar elke dag ons vloermoere - of ons nou 2 of 52 jaar oud is.....