Sunday, September 30, 2007

Blommemeisie




Talia was gister 'n blommemeisie op my vriendin, Hannetjie, se troue! Ouma Joe het die rokkies gemaak en het sy tog te pragtig gelyk. Dit was natuurlik 'n gedoente om die blommetjies en kransie op hul plek te kry en hou. Sy't net na die stappery in die paadjie af, op Oupa Nickey se skoot aan die slaap geraak! Maar sy het soos 'n ware prinsessie gelyk!

Sunday, September 23, 2007

Kaap-trippie




Driekie het vir my en die kinders Woensdag kom haal en het ons eers Kampsbaai toe gegaan en later die middag na Toys r Us (wat natuurlik die verkeerdste ding was om te doen, want toe wou hulle als he wat hulle oe sien! Maar ons het dit ook oorleef...)

Hulle het die tydjie op die strand vreeslik geniet en te lekker in die sand gespeel - Talia was redelik skrikkerig vir die see en Jaundre wou ook nie juis nat word nie, maar hulle was baie uitgelate en mekaar heerlik rondgejaag. Jahzara het die heeltyd in die stootkarretjie gele en slaap - en al die pret gemis. Dit was redelik mistig vroeer die oggend, maar dit het gou opgeklaar en was dit die res van die dag lekker warm gewees.

Dit was 'n baie uitputtende week - met volop vloermoere en dreigemente - maar ons het darem 'n huur-huis gekry en hoop om 'n erf op die golf-landgoed ook te kan koop en later huis bou.

Wednesday, September 12, 2007

Drukkies en soentjies


Talia en Jaundre kan nie genoeg kry van hulle nuwe sussie nie en wil haar die heeltyd net vashou en soen en druk!

Eerste glimlag!!




En siedaar!! Jahzara se eerste oop-bek glimlaggie - lyk sy nie te skatlik nie! Sy is ook baie lief daarvoor om haar mondjie op 'n pruil te trek - reg vir 'n soentjie!

Monday, September 10, 2007

Boesman op die plaas!




Jaundre raak nou vinnig groot! Hy het Donderdag saam met sy Oom Nicola na Ouma Joe en Oupa Nickey toe gery en vanoggend eers terug gekom. Hy het dit so geniet dat hy nie eens met ons oor die telefoon wou gesels nie en het omtrent lekker gekuier - seker oor al die bederf! Hy het saam met Ouma Joe op die "quad bike" gery - bid jou aan! - en op die trekker natuurlik ook. Hy't sy ouma ook fluks gehelp wortels uittrek - of het sy hom gehelp?! En die ganse en voels gevoer. Hy kan nie uitgepraat raak oor al die koedoes wat hul gesien het nie en alles wat hy gedoen het.

Monday, September 3, 2007

Hallo Pappa!




Jahzara bekyk haar pa asof sy hom vir die eerste keer sien! En Jaundre kan weer nie genoeg kry nie en wil haar net heeltyd vashou en optel. Kan alreeds sien dat sy begin groter word en gewig optel: vetrolletjies begin so stadigaan wys en van haar newborn klere sit al stywer LOL!!