Monday, July 14, 2008

Witste wit







Ons het Saterdag na die sneeu gaan kyk wat by Matroosberg, Ceres geval het - en was dit omtrent 'n belewenis gewees! Ek weet nie wie dit die meeste geniet het nie - ek of die kinders...

Thursday, June 26, 2008

863 koffie koekies en 36 kolwyntjies


Ek't Saterdag gou koffiekoekies gebak (vir my en Dolla se Koekie-projek!) en toe sommer besluit om die resep te verdubbel - die uiteinde was 863 koekies (minus die wat Jaundre, Talia en John tussenin gepeusel het!)


Jaundre en Talia het my gehelp om die kolwyntjies te klits en het fluks gehelp om dit te versier - meeste daarvan het in die monde beland!

Wednesday, June 11, 2008

Jahzara kruip!

Jahzara het haar eerste treetjies na die grootmens-wereld begin gee en was die verbasing op haar gesig te dierbaar om te aanskou!

Friday, May 30, 2008

Haelstorm!




Genade, ek sit nog en werk met die sonnetjie wat lekker by die studeerkamer inskyn en die volgende oomblik is 'n haelstorm op ons! Ek moes omtrent hardloop vir 'n vale om die Touran in te trek. Die hael het letterlik onder 2 minute se tyd so op die kar geval en enkele minute later het dit nog nie begin smelt nie. Die eerste foto is bo-op die kar se dak en die volgende een is teen die voorruit. Die laaste foto is die kampeerstoel buite op die stoep.

Monday, May 19, 2008

Mandaryn-pret





Talia en Jahzara het by Tannie Dolla op Mandaryn gekuier toe ek vir 'n week in Namibie moes gaan opleiding gee. Alhoewel ek my dood verlang het, het hulle te heerlik gekuier - Talia het glads vir Dolla "Mamma" gese en vir Kallie "Oupa"!! En soos oudergewoonte het Talia met die katjies deur die venster gesels...

Thursday, March 6, 2008

Akwarium


Ons het Saterdag, 1 Maart die kinders bietjie Akwarium toe gevat en het hulle dit baie geniet. Moet se, dit was vir my net so opwindend gewees. Deur na als te kyk wat onder die see is, besef mens net hoe wonderlik die Here als geskape het!!

Thursday, February 21, 2008

Sies jou nare gogga!

"Ons is nie meer bang nie, jy kan ons nie vang nie!"
Die CHEMIESE OORLOGVOERING het begin en het ons beslis die oorlog gewen teen die nare spinnekoppe!

Hierdie 1 was die eerste van vele wat ons gekry het in en om die huis - soos meeste al weet het ek omtrent al die plante in die tuin uitgeruk waarin hul kon skuil (shame, nou's party haweloos!).

Saturday, January 12, 2008

Son, see en Xmas 2007

Die Desember vakansie was heerlik gewees - Jaundre en Talia het 'n week voor ons saam met Oupa Hennie en Ouma Alta Mosselbaai toe gegaan en hul gate uit geniet saam met Tannie Welitha, Oom Johan, Althea en Enrico. Talia het die see baie geniet en wou net aanmekaar gaan "bad" - Jaundre was effens skrikkerig aan die begin, maar toe hy eers saam met sy pa gaan jetski ry het, was dit verby! Onder John, Johan en Pa Hennie was die hubbly-bubbly die hoof aktiwiteit van die vakansie. Oujaarsaand het die hele familie by DF en Annemarie gaan braai en afgestap Dias Strand toe om die vuurwerke te gaan kyk om 12pm.
Kersvader was bietjie skrikkerig om in die modder vas te sit na al die baie reen by Riviersonderend en het sy elfies en takbokke ingestuur - al wat ons gevind het was die trail vd takbokke se kos tot by die braaikamer waar die geskenke neergesit was! De hele huis was met liggies en kersversierings behang en het dit feestelik gelyk.
Oukersaand en Kersdag was ons by Dolla gewees en het ons onsself "raak-geeet" aan haar smul-lekker Kersete. Talia het die Kersete heel misgeslaap en het sy eers 3nm wakker geword!