Thursday, April 28, 2011

Des 2010






Seker hoogtyd dat ek vir 'n slag my blog bietjie op datum bring!! Paar pics vd Desember vakansie...tot later.

Tuesday, March 24, 2009

Nog Desember

Desember 2008

Dis al weer amper tyd vd volgende Des vakansie en hier sit ek nou eers foto's op! Ons het heerlike pret gehad op Mosselbaai / Hartenbosch saam met die Bassons en Lubbes. Die Bassons het ook vir 'n paar dae by ons gekuier oor die Kerstyd en was dit net sports al die pad! Nicola het Januarie kom kuier en was ons weer vir 'n paar dae see toe.





Monday, July 14, 2008

Witste wit







Ons het Saterdag na die sneeu gaan kyk wat by Matroosberg, Ceres geval het - en was dit omtrent 'n belewenis gewees! Ek weet nie wie dit die meeste geniet het nie - ek of die kinders...

Thursday, June 26, 2008

863 koffie koekies en 36 kolwyntjies


Ek't Saterdag gou koffiekoekies gebak (vir my en Dolla se Koekie-projek!) en toe sommer besluit om die resep te verdubbel - die uiteinde was 863 koekies (minus die wat Jaundre, Talia en John tussenin gepeusel het!)


Jaundre en Talia het my gehelp om die kolwyntjies te klits en het fluks gehelp om dit te versier - meeste daarvan het in die monde beland!

Wednesday, June 11, 2008

Jahzara kruip!

Jahzara het haar eerste treetjies na die grootmens-wereld begin gee en was die verbasing op haar gesig te dierbaar om te aanskou!

Friday, May 30, 2008

Haelstorm!




Genade, ek sit nog en werk met die sonnetjie wat lekker by die studeerkamer inskyn en die volgende oomblik is 'n haelstorm op ons! Ek moes omtrent hardloop vir 'n vale om die Touran in te trek. Die hael het letterlik onder 2 minute se tyd so op die kar geval en enkele minute later het dit nog nie begin smelt nie. Die eerste foto is bo-op die kar se dak en die volgende een is teen die voorruit. Die laaste foto is die kampeerstoel buite op die stoep.